Goeiedag.
Tema: Geestes gesondheid
Geestes gesondheid is ‘n voorvereiste vir ‘n normale gesonde lewe in die wyer sin. Die geskiedenis is vol van karakters wat verëer word as helde wat wêreld gevorm het. Wanneer jy egter die moeite doen om agter die skerms te kyk vind jy dikwels dat hul geestelik siek en perverse mense was. Hul nalenteskap is dikwels ‘n bloedspoor van menslike slagoffers. Het jy al gaan kyk na die lewens van bekendes agter hul sosiale beeld? Het jy geweet dat baie mense firmas huur wat vir hul ‘n sosiale beeld bou , sodat hul werklike karakter weggesteek kan word? Lees gerus MATTHEUS 23: 13-33 Jesus se woorde aan die Fariseers wat verteenwoordigend is van diesulkes. Hy eindig met:
MATTHÉÜS 23:33 AFR53
[33] Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
Die Woord spreuk die effek van geestes gesondheid op jou fisiese gesondheid direk aan in:
SPREUKE 18:14 AFR53
[14] Die gees van ‘n man ondersteun hom in sy krankheid; maar ‘n verslae gees — wie kan dit opbeur?
SPREUKE 17:22 AFR53
[22] ‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.
Dit is die Vader se wil dat almal gered sal daarom het Jesus gekom sodat die mens herstel kan word.
PSALMS 34:19 AFR53
[19] Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
Die herstel proses is aangelowiges bekend as heiligmaking. ‘n Proses waardeur die mens gereinig word van verkeerde denke en gewoontes sodat die mens in liefde kan leef met ander. Dat die mens, SY karakter kan kry. ‘n Karakter van omgee en die diens aan ander in blydskap. Mense met blydskap in hul lewens is geestes gesond. Blydskap verdryf angs, vrees, onsekerheid, depressie, verslawings, ens. Almal simptome van versteurings in jou geestes gesondheid. Die Here gee ‘n mens ‘n nuwe identiteit, een van Goddelike kindskap. Dit is nie oorerflik of ‘n nalatenskap wat jy kry nie. Dit kom van ‘n lewende Christus wat dit persoonlik aan jou gee, nie net eenkeer en dit is verby nie. Die Heilige Gees is met jou en versterk jou herhaaldelik in jou geloof in belewenis van die kindskap, terwyl ons wag op rie volheid van die tyd.
Genade en Vrede vir jou.
David