Goeiedag.
Tema: Geskenk
Daar is nie baie mense wat nie weet van moeder Teresa. Asook haar werk onder die armes van Kalkuta. Sy was ‘n ster in haar tyd wat die uiters waardevolle geskenk gegee het naamlik menswaardigheid. Sy laat ‘n enorme positiewe naletenskap. Kyk haar gerus op.
SPREUKE 18:16 AFR53
[16] Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte, en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.
Hierdie Skrif is by uitstek in haar lewe illustreer. ‘n Geskend is baie meer as geld. Elke mens beleef daagliks ‘n geskenk in sy lewe en dit is die lewe self. Nog ‘n dag, nog ‘n geleentheid, nog hoop, ens. Moeder Teresa het vir haar ‘n massiewe gesin gebou met omgee en liefde. So hoort elke gesin gebou te word met liefde en omgee.
‘n Moeder moet soos ‘n hen oor haar kuikens wees oor haar gesin. Dit is haar godgegewe taak om van ‘n huis ‘n tuiste te skep. Daar is baie huise, maar nie baie tuistes nie. ‘n Tuiste is spesiaal, daar is liefde, omgee, aanvaardiging, sorg, intiemiteit. Asook baie ander dinge wat jou laat behoort en eie maak. Dit is ‘n veilige hawe teen die storms in die lewe.
‘n Vader behoort,te lei, te versorg, te dissiplineer, lief te hĂȘ, homself gee, motiveer, en sy ander pligte te doen. Paulus skryf in EFFESIERS 5: 22-33 van ‘n verborgenheid tussen die man sy vrou. Hy vergelyk dit met Christus en die gemeente.
Hierdie is onvervanglike en waardevolle geskenke, wat as dit gegee is aan jou gesin. Dit hul lewe sal lanseer op ‘n pad van sukses. Dit is die boublokke van die samelewing, die gesin, karakter, waardigheid, stabiliteit, ens. Dit is vernietigend om in ‘n koue saaklike gesin groot te word, waar liefde nie ervaar word nie. In diesulke, is daar gevalle van ‘n honger en word liefde elders gesoek. Elke mens soek en gedy op mensliefde. In die tuin van Eden was Adam in perfekte vehouding met God. Tog was hy so alleen dat God ‘n maat vir hom gemaak het. Het jy al in die Woord gekyk wat die maatstawwe is vir gelukkig saamleef? Jy sal vind selfgerigte godsdiens is defnitief nie een nie, dit is afbrekend, maar warmte is. Vors lewe na.
Genade en Vrede vir jou.
David