Goeiedag:
Tema: Partydig
Het jy ook ‘n hart vir die nie-gunsteling underdog). Omdat die liefde van Christus deel is van gelowiges, het hul ‘n sagte hart die wat swaarkry. Sommer enige gebroke mens roer jou hart, al is die gevolg van hul lewenskeuses. In hierdie empatie is daar egter ‘n gevaar verskuil. In SPREUKE vind ons ‘n beginsel wat vir die reg geld maar ook ons praktiese lewens benadering:
SPREUKE 18:5, 17 AFR53
[5] Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.
[17] Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
Elke saak moet op meriete beoordeel moet word, en nie op emosionele vlak nie. Dit is egter nie so maklik as wat dit klink nie. Dit beteken oorweeg ‘n saak op grond van feite maar nie sonder gevoel nie. Dink na oor die huis omstandighede van die gelykenis van die verlore seun kyk (Lukas 15) nadat hy teruggekeer het. Een seun is ryk en ander seun is arm en dit lyk onregverdig op die oog af sodat mens simpatie met hom het.
As mens egter ingelig is oor die verlede dan besef jy die arme het sy deel verkwis en dra nou die gevolge daarvan. Om vir hom partydig te wees is verkeerd, daar is niks goeds in nie, veral as jy sy vader en broer veroordeel vir die omstandighede. Hulle het geen skuld nie en is in der waarheid slagoffers van sy vergrypinge want hy sit die gesin terug. Dit is duidelik dat die vader hom steeds lief het, maar sy broer is krapperig met hom.
Elke gelowige was in effek ‘n verlore seun wat begenadig is, daarom moet ons nie veroordeel nie maar ‘n nugter besluit neem oor reg en verkeerd. Nie dat alles so kompleks is nie, soms het mense onwillekeurig net ‘n oogappel. Daardie maklike , of slim of mooi,….. kind. Dit is so maklik om partydig te wees, het elkeen nie ‘n spesiale manier van spesiaal wees nie. Ek en jy moet die spesiaal in elke ander mens ontdek en hul liefhê. Ons het ook elkeen sy eie spesiaal, daarvoor het God jou gekies om sy kind te wees. HY is egter nie partydig vir ons as ons verkeerd gaan nie.
Genade en Vrede vir jou.
David