Tema: Suiwer
Goeie dag.
Die suiwerste vorm van aanbidding is waarskynlik om in die Gees te bid. Daar is twee maniere van bid volgens Paulus :
I KORINTHIËRS 14:15 AFR53
[15] Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
Duidelik dieselfde aksies kan met die verstand of in die gees uitgevoer word. Wanneer mens met jou intelek bid voel mens veilig en in beheer. Daarom verkies gelowiges om so te bid en is in die gees bid inteendeel, vandag n rariteit. Die spreekwoordelik sê; onbekend is onbemind, en dit geld ook hier. Paulus verwys spesifiek na in tale bid as hy praat van in die gees bid.
I KORINTHIËRS 14:14 AFR53
[14] Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.
Paulus verwys na n ander taal as sy moeder taal of tale wat Hy magtig is. Met die uitstorting vd Heilige Gees in HANDELINGE 2, het die mense in ander tale gepraat as wat hul ken. Die omstanders het dit verstaan en God geloof, alhoewel die sprekers dit self nie verstaan het nie.
Dit is nie uit gesluit dat mense kan in hul moedertaal kan bid deur die gees met hul verstand onaktief nie. Ek het dit al baie beleef dat mense in hul moedertaal in die gees bid. Dan luister hul vir hulself wat bid hulle.
Wanneer die mens in en deur die Gees aanbid, bid hy nie alleen nie. Dit is duidelik dat dit dan die Heilige Gees is wat deur die persoon bid. Dan word die volmaakte gebed vir die omtandighede gebid. Dan word God se bedoeling duidelik en Hy daardeur verheerlik. Daar kan nog baie uitgebrei word op die onderwerp maar plek ontbreek. My bede is dat elkeen dit sal beleef om in die Gees te bid. As jy nie weet hoe nie gaan vra vir hul wat dit doen om jou te lei. Dit is die suiwerste vorm van aanbidding want dit geskied deur die Heilige Gees.
Genade en Vrede vir jou. David