Tema : Donkerheid
Goeie dag.
Enige nugter denkende persoon wat die wêreld nuus dophou, sal weet dat dit n tyd van n besondere benoudheid is. Van die donkerste tye sedert die tweede wêreld oorlog. Tegnologie het so ver gevordere dat as die Here nie in beheer was nie, die mensdom homself sou uitwis.
Verder gebruik die Here die natuur, om die mensdom te waarsku. Daar moet inkering en bekering kom, voordat Sy toorn oor die goddelose ontvlam. Ongelukkig het die ore en oë van die mens swaar geword, sodat hul nie ag gee op die basuin nie.
Christus se koms meer as 2000 jaar terug, het die hoop en n reddings boei gebring. Gelowiges wat n ware weergeboorte ondergaan het, en in noue verhouding met Jesus leef, leef nie in vrees vir môre nie. Die wegraping is vir hul n lewende hoop waarna hul reikhalsende na uitsien. Die ellende in die lewe motiveer na n groter en nouer gebeds lewe. Hul angs is nie oor hulself nie maar vir n verlore gaande wêreld. Hul leef met die wete dat daar geskrywe staan:
LUKAS 21:28 AFR53
[28] En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
Daar is benoudheid in my siel oor mense wat nie die Heilige Gees ken nie. Daar is benoudheid in my siel dat of ek die pad sal bly loop, wat ek ken. As verdrukking en vervolging kom: Is daar genoeg gewig in my siel om as dit moet, alles vir prys te gee, selfs my lewe. Lewe is meer as om asem te haal, dit is ook lewens omstandighede, gesin, kinders en alles wat my na aan die hart lê. Dit is onder andere om n lewende martelaar te word. Persoonlik dink ek dit is net moontlik deur die krag wat mens deur gebed ontvang en die Woord (Jes 43). Mag gebed n groot deel van elkeen se kersvieringe wees.
David