Tema: Vervulling van belofte
Goeie dag
In hierdie tyd vier ons die vervulling van die belofte:
MIGA 5:1 AFR53
[1] EN jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Hierdie gebeurtenis het dit moontlik gemaak dat ons almal vandag kan deel wees van n groot Goddelike hemelse familie. Mag hierdie tyd vir elkeen n besondere tyd wees. Mag wete van jou kindskap vir jou bron van stralende vreugde wees.
Dankie vir die voorreg om met jul gedagtes rondom die Woord te deel. Ek sal in Januarie voortaan daarmee.
Beleef die seën van die Here in hierdie tyd.
David