Tema : Sout
Goeie dag
Enige nugter mens wat die wêreld nuus dophou besef dat dit n krisus tydperk beleef. Hul wat globale politieke ontwikkeling volg verwag n nuwe wereld orde. Hier in teen kyk Gelowiges met oë gerig wat gerig is op die vervulling van die profesieë en die groot misleiding wat besig is om te gebeur. Terwyl sommige in vrees leef, laat die Skrif ons nie in die duister oor wat voor lê of wat om te doen nie. Verskeie punte word pertinent uitgelig:
HEBREËRS 10:24-25 AFR53
[24] en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; [25] en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
Uit bogenoemde is dit dat duidelik dat gelowiges nie in n gat moet gaan wegkruip en wag op die wederkoms nie. Inteendeel hul moet aktief sout van die aarde wees. Nie in n soutpot nie (geissoleerd) nie maar in die samelewing, daar waar hul n verskil maak. Kos ruik nie na sout nie, daar is ander lieflike geure, maar as dit ontbreek, is die kos smaakloos. Sout roep nie uit soos n lekker kerrie of bobotie geur nie, maar in die stilte bring dit die smaak.
Netso kan ware gelowiges n verskil maak teen verval; deur gebed in die binne kamer. Die Here het Lot in Sodom laat woon as lig vir die stad, todat die oordeel gekom het. Daar waar jy jou lig laat skyn sal jy nie gewild wees nie, soos in die geval van Lot (Gen 19:9).
Laat elke gelowige hierdie jaar bekend wees vir n bonatuurlike positiewe gesindheid. In hul omgewing, sosiaal, werk, kerk, ens. Vir hulle is die verval en agteruitgang nie n bedreiging nie maar n teken dat hul verlossing naby is. Hoe donkerder dit word hoe helderder skyn jou lig; in blydskap, in verwagting, in heiligheid, in gemoed, in jou wese, in getuienis, ens. Dit is tog ware sout wees.
Genade en Vrede vir jou. David