Tema : Lyding
Goeie dag
Daar is geen mens wie se lewe die heeltyd net voorspoedig is nie. Droogtes en reën wissel en kom voor met gereeld patrone op plase van gelowiges en ongelowiges. Selfs hul wat vir n salaris werk is nie beskerm teen ellende van aflegings nie. Daar is geen absolute sekeriteit in n aardse lewe nie. Sekeriteit is net by hulle wat in Christus verskuil is, en dit hoofsaaklik vir n ewige lewe. Ek lees nie van enige gelowiges in die Woord wat n maklike lewe beleef het nie. Maar ek lees van baie wat oorwinning behaal het oor hul omstandighede en terugslae. In tye van nood staan n gelowige nooit alleen nie. Die hele liggaam van Christus is in meelewing. I KORINTHIËRS 12 gee n duidelike beeld van die liggaam. Ook die vers oor lyding:
I KORINTHIËRS 12:26 AFR53
[26] En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
Ek is van meaning dat n gelowige se lydingslas in die gees versprei deur die liggaam:
JAKOBUS 5:13 AFR53
[13] Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.
Beur gebed word lyding en vreugde gedeelte op n bonatuurlike vlak. Ander help jou dra aan jou laste.
GALÁSIËRS 6:2 AFR53
[2] Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
Lyding word waarskynlik in n breër sin, as siekte gebruik. Lyding kan in alle vorme van volgehoue ongemak gebruik word. Swaarkry wat nie van korte duur is nie is lyding. Dit kan emosioneel, fisies, geestelik, verslawings, verwerping, armoede, eensaamheid of in baie ander vorme wees. Elkeen kan oorwinning verkry in Christus as ons die keuse uit Oefen om van Hom gebruik te maak. Sy woorde is:
Kom na my toe almal wat vermoeid en belas is en ek sal jul rus gee. Hy maak die mens vry van alle slegte bindinge. Letterlik alle bindinge: Hy maak siekes gesond, dryf duiwels uit, vervul die mens met kennis en genade tot n ewige lewe. Kom ons maak gebruik van Sy aanbod.
Genade en Vrede vir jou. David