Tema : Habakuk se gebed
Goeie dag.
In Habakuk 3 kry ons n gebed van hom wat so kragtig is dat God dit deel van Sy geskrewe Woord maak. Hierdie gebed word tot God gerig in ‘n baie moeilike, krisus tyd in sy lewe. Die meeste van ons is bekend met ‘n gedeelte van die gebed, omdat dit getoon set is as n lied. Spesifieke die volgende gedeelte :
HÁBAKUK 3:17-18 AFR53
[17] Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — [18] nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.
Hierdie gedeelte is nie geskryf in ‘n gees van aanvaarding of ootmoed nie. Indien ons dit is perspektief lees is dit duidelik dat dit n Woord van gesag is. Habaku het die krag van God gesien kom en het in ‘n posisie van gesag en oortuiging gestaan. Hy bewe voor die krag van die Here se oordeel wat kom:
HÁBAKUK 3:16 AFR53
[16] Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.
Omdat ons leef in die laaste dae van hierdie geslag, staan ons ook soos Habakuk aan die voor aand van ‘n vervulling van die Woord. Soos hy gaan ons ook deur swaar tye gaan, maar dit ook in n posisie van gesag. Die benoudheid bring nie radeloosheid nie maar bring tye van jubelling. Ons weet ons verlossing is naby en dit bring n vaste vertroue. Dit behoort elkeen aan te spoor om met die gesag wat Christus ons gee in oorwinning te lewe. My gebed is dat elkeen hierdie gebed sal bepeins en daardeur bekragtig word in die gees siel en liggaam. Leef in Jesus as oorwinaars.
Genade en Vrede vir jou. David