Tema : Visioen
Goeie dag.
Paulus stel dit duidelik dat ons ‘n hoop moet besit, wat verby hierdie tydelik aardse lewe kyk. Hy stel dit so:
I KORINTHIËRS 15:19 AFR53
[19] As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
Om te oorleef in hierdie tyd van die wêreld orde of gebrek aan orde is n bonatuurlike visie noodsaaklik. Huidige omstandigehede maak hoop vir n beter toekoms amper onmoontlik. Wêreld wyd word kapitaal wat vir die ophef van die mensdom gebruik moet word verspil op sinnelose oorloë. Elke ploftoestel in watter vorm ook, vanaf n slim missile tot n landmyn beroof die mensdom van finansiële en van emosioneel vooruitgang. Die wêreld is op n steil afdraand pad wat tot tragedie lei. Dit is egter die tyd van die vervulling van Bybels profesieë. Gelowiges wag op die hemel, daarom is dit noodsaaklik om vir n visie met die oog op die ewigheid te leef. In jou hart moet leef,
die lied van die nuwe belofte :
OPENBARING 21:1-2 AFR53
[1] EN ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. [2] En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
Baie ken dit as die lied: Ek sien n nuwe hemel kom
n aarde nuut en vry…..
Dit verplaas jou verwagting met n afwagting. Daar geen groter motivering om in gebed, in die gees hierdie lied van hoop, afwagting, vervulling, aanbidding.. … te sing nie. Dit is tans dalk net n Visioen, maar n lewende Visioen wat ons deurdra in slegte sowel as goeie tye. Maak dit deel van jou daagse aanbiddings tyd om jou te versterk. Moenie jou oë op slaan na die berge nie, maar rig hul tot Jesus Christus die Voleinder van ons geloof.
Genade en Vrede vir jou. David