Tema : Verraad
Goeie dag.
Soms hou die lewe verassings in wat n mens met volslae verdwasing vul. Daar is twee gebeure in die laaste twee jaar plaasgevind het wat my totaal sprakeloos gelaat het. Die eerste was die openbaring dat Rusland se militêre mag nie naaste by is wat almal gedink het nie of wat behoort te wees nie.
Die tweede is dat China se militêre mag ook nie is wat ons verwag het nie. Daar is berug dat van die intekontinentale missiles in wes China gevul was met water. Beide lande het norme bedrae geld gespandeer vir bewapening. Korrupte mense het die geld vir die wapentuig gesteel. Vir die staat leiers is gelieg en hul is om die bos gelei om te dink dat hul nou n moderne weermag . Beide gebeure is as gevolg van verraad.
Hierdie verraad , is in perspektief gesien net tydelik maar het tog enorme gevolge. Daar is n veel erger verraad, en dit is as mense mislei word oor die Saligheids plan van God. Jesus is toornig op die kerk leiers van Sy tyd. Lees Mat 12 en Mat 23 om die konteks te verstaan.
MATTHÉÜS 23:33 AFR53
[33] Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
Wat n verskriklike ontnugtering wag op die Christen wat in Jesus geglo het maar nie volgens Sy evangelie, reddings plan nie. Vreeslik sal dit wees om te hoor:
LUKAS 13:27 AFR53
[27] En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!
Dit is die hoogste vorm van verraad, waar leiers vir eie gewing, mense hul volgelinge maak in plaas van Jesus volgelinge. Daar is net een teenvoeter vir sulke misleiding en dit is in gebed en smeking vir vervulling met die Heilige Gees. N eenmalige vervulling is nie genoeg nie, want jy kan die HG verloor. Koning David bid in Ps 51:
PSALMS 51:13 AFR53
[13] Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
My benoudheid is dat gelowiges die gemeenskap van die HG verloor, ook in my eie lewe. Daarom moet ons seker maak van Sy teenwoordigheid in jou eie lewe.
Genade en Vrede vir jou. David