Tema : Redding
Goeie dag.
Dit is n filosofiese vraag oor hoekom die Here jou red. Elke mens het sekerlik n opinie daaroor wat gevorm is deur eie lewens ondervinding. Sommige vra seker nooit die vraag nie. My persoonlike opinie is dat n mens gered word vanaf n nuttelose lewe tot n betekenis volle lewe. Redding gaan nie net daaroor om n mooi lewe te lei nie. Mooi lewens word deur baie mense gelewe, daarvoor is redding nie nodig nie. Redding gaan daarom om van uit die donker koninkryk in die koninkryk van lig oor te gaan.
MATTHÉÜS 4:16 AFR53
[16] die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan.
Bekering bring redding, uit die duisternis na die koninkryk van God. Binne in die koninkryk van God, deel jy in die voordele wat die koninkryk bied. Daar is oneindig baie voordeel, waarvan sommige nog nie eens beskryf is nie. Vir elkeen verskil die belangrikheid van die voordele. Die grootste wins daarvan is dat jy n kind van God kan wees (Joh3:16).
As jy n verslaafde was, is vrymaking daarvan vir jou besonders, as jy aan siekte gely het is genesing vir jou besonders, as jy gebind was is vrymaking jou besonders. As jy n verworpeling was is die liefde vir jou spesiaal. So het elkeen n besondere getuie van wat die Lig is sy eie lewe te weeg gebring het.
Allerhande genade werke wat jou gebring het van n nuttelose lewe tot ‘n betekenis volle lewe. Die hoogste genade is seker dat ons nou vrymoedigheid het en die voorhangsel geskeur het, sodat ons tot God kan gaan in gebed.
Voor Christus is daar op indirekte wyse deur priesters, profete en offers met God kommunikeer. Amper soos brief wisseling in vergelyking met selfoon kommunikasie. Gebede word na God gebring deur die Heilige Gees. Die feit dat ons deur gebed direk met God kan kommunikeer bring n nuwe dimensie in die mens se lewe. Al jou harts geheime kan jy, met hom deel, al jou sorge, al jou begeertes, jy kan n volkome mens word deur Hom.
Genade en Vrede vir jou. David