Tema :Meet
Goeie dag.
Ek het n dosent gehad wat se gewildste sê ding was: “Om te meet is om te weet.”
Hierdie beginsel is al reeds deur Koning Dawid gebid:
PSALMS 139:23-24 AFR53
[23] Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; [24] en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
Die Woord stel dit dat Henog getuie gekry het dat hy God behaag het voordat hy hemel toe is.
HEBREËRS 11:5 AFR53
[5] Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.
As gelowiges is dit wys om te verseker dat jou saak met God reg is. Dit is wys om soos koning Dawid te bid vir hulp en duidelikheid. Die alternatief is rampspoedig. Dit het nie net n tydelike implikasies nie maar bepaal waar elkeen die ewigheid deurbring.
Dit is waarom Paulus n hele bespreking van die onderwerp hou in Gal 6: 15 – 25. Die werke van die vlees en die vrug van die Gees word duidelik uit gewys. Elkeen kan hulself meet aan die kriteria. Die oplossing word gegee indien daar nog werke van die vlees in jou lewe is. Dit is duidelik, nie om die wet meer nougeset te probeer volg nie. In teendeel die oplossing is om in die Gees te begin wandel. Hulle wat in Christus is is vrygekoop van die wet. N dramatiese stelling word gemaak :
GALÁSIËRS 5:16 AFR53
[16] MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
N mens se dade is dus n weerspieeling van die mate waarin jy in die Gees beweeg. As jy in die Gees is, vind heiligmaking in jou lewe plaas. Jy verander van binne na buite. Jou denke en begeertes verander. Die Here heilig jou en nie jy self, jy werk net saam deur gebed en die lees vd Woord.
Hierdie wissel werking tussen die wet en geloof word duidelik bespreek in Paulus se briewe. Ek hoop die gedagte spoor jou aan om self die onderwerp te bestudeer.
Genade en Vrede vir jou. David