Tema : Hoor
Goeie dag
Anna die profetes, gee aan Maria, moeder van Jesus, boodskap van God af in Lukas 2. Of Maria die boodskap verstaan het, in die opgewondenheid van Jesus se besnydenis en offer in die tempel, weet mens nie. Dit was Maria se uur van triomf, haar seun wat die verlosser van Sy volk is word aan God toegewy. Haar verwagting vir Jesus se toekoms was seker in lyn met die van ander; ‘n verlosser van die verdrukkers, die Romeine. Min het sy geweet dat Jesus die vervuller sou wees van JESAJA 53.
LUKAS 2:35, 38 AFR53
[35] ja, ‘n swaard sal deur jou eie siel gaan — sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.
Dit is vir dwase verberg, dat ons in die eindtyd lewe. Dat die wêreld tans deur geboorte pyne gaan ter voorbereiding van die wederkoms. Dalk het ons ‘n verkeerde begrip oor wat die toekoms inhou. Leef mens onder die illusie dat God, in Sy liefde nie sal toe laat dat Sy kinders deur n vuur van vervolging geloueter sal word, om hul gereed te maak vir Sy koms nie. Dalk is ons aan die slaap soos in die gelykenis van die tien maagde:
MATTHÉÜS 25:5 AFR53
[5] En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
Dalk is ons verwagting uitgeput :
II PETRUS 3:4 AFR53
[4] en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
Dit is baie moontlik dat hierdie die laaste normale pase is, waaraan ons gewoond is. Tans is daar soveel vervullings van profesieë en Goddelike waarskuwings wat uitgaan dat die oë blind en die ore doof geword het vir die boodskap. Soos in die tyd van Noag waar die mens gewoond geraak het aan die boodskap, het die wêreld gewoond geraak aan dié omstandighede en boodskappe waarmee God spreek.
Gelukkig is sal daar ‘n roep stem uitgaan: kyk uit die bruidegom kom aan. Dit mag vervolging of rampe of enige iets wees soos beskryf in Mat 24, Mar 13, Luk 21.
Mag ons bede wees, dat ons oë en ore oop sal wees, om te hoor dat ons dit nie sal beleef as ‘n swaard deur ons siel nie.
Genade en Vrede vir jou. David