Tema : Paasfees
Goeie dag.
Die enkel grootste gebeurtenis in hierdie geslag mense, is die koms van Jesus Christus. Op bonatuurlike manier het die maagd Maria swanger geword, deur die Heilige Gees en is die mens Jesus Christus gebore. Die vervulling van die profesieë vanaf Genesis 3:20 tot op dié laaste profeet. Selfs in die NT het mense n Woord van die Here ontvang en gewag op Sy koms. Die absolute hoogte punt van Sy aardse lewe was op Golgota toe Hy kon sê dit is vol bring.
Sy aardse taak was suksesvol voltooi en daarom kon die Vader hom opwek na die derde dag. Jesus het graf , hel en dood oorwin en triomfeer vir ewig. Omdat Hy die wet volmaak vervul het, kan ons ook die wet volmaak volbring terwyl ons in Hom is. Daarom beveel Hy bly in My. So eenvoudig maar so totaal on verstaanbaar sonder geloof en Goddelike insig. Met hierdie belewenis in jou hart is Paasfees nie net nog n lang naweek nie. Dit is n hemelse fees viering van oorwinning wat oor en oor en nooit genoeg herdenk kan word nie. Self die nuwe Jerusalem gedenk die dag, met die name van die twaalf apostels op die fondamente van die stad.
OPENBARING 21:14 AFR53
[14] En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
Ons loof en aanbid die Lam wat vir ons geslag is en ook opgestaan het en sit aan die regterhand van God die Vader en dit wat Hy gedoen het:
OPENBARING 21:3-4 AFR53
[3] En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. [4] En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan…..
Hoe kan ons so n groot genade verontagsaam, en nie uiterste vreugde daarin vind nie. Laat ons Hom loof, ook in gebed Sy lof en genade vermeld.
Genade en Vrede vir jou. David