Goeiedag.
Tema: Kroon
Vandag gebruik ons die NIV Engelse vertaling omdat dit die betekenis van die Woord se betekenis duideliker uitbring.
Proverbs 10:6-9 NIV
[6] Blessings crown the head of the righteous, but violence overwhelms the mouth of the wicked.
Die waarheid van vers 6 kan so duidelik in die samelewing gesien word. Gesinne wat in geregtigheid lewe is voorspoedig en beleef die guns van God. Ouers en kinders is geseend en staan uit deur wat hul is as mense. Dit kan nie weg gesteek word nie. In teenstelling hiermee leef slegte mense in frustrasie wat uiting vind in geweld en negatiwiteit van spraak en aksies.
Geseende mense is rol modelle wat ‘n positiewe invloed en nalatenskap het. Om ‘n geseende te wees het ‘n voorvereiste in die Nuwe Testamentiese tyd. Dit is Jesus Christus moet ‘n persoonlike saligmaker in ‘n mens se lewe wees. Hy bring vrymaking van die vloek van sonde en ongeregtigheid waarop die seën van die Here volg. Hierin is ‘n groot geheim verborge wat baie nie snap nie. Christus het die vloek van sonde, die dood namens ons gedra. Hy maak die weg oop om ons laste te dra as ons dit neerlê.
Daar is ‘n verskil om ons laste neer te lê en vergifnis te ontvang. Mens kan vergifnis ontvang en jou bekeer van jou sondige lewe sonder om jou laste neer te lê. Dan is jy nog nie vry van jou laste nie. Sommige is weergebore kinders van die Here maar dra hul laste nog steeds in die vorm van self veragting, skuldgevoelens, lae selfbeeld ens. Hulle is nog in die bande en bindinge van hul verlede. Christus het gekom sodat die mens waarlik vry kan wees. As Paulus se verlede nog op sy skouers was siu hy nie die apostle kon wees wat hy was nie. Hy deel sy geheim:
FILIPPENSE 3:14 AFR53
[14] Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
Paulus probeer nie meer regmaak wat hy in die verlede verkeerd gedoen het nie, hy leef voluit sonder om hom te steur aan sy onperfekte lewe, in die verlede en intyds. Hy was waarlik vry. Daar is so baie voorbeelde om te noem en te sê hieroor, Kaleb,Ragab,Ester,Jeremia,,….
IS JY WAARLIK VRY ?, daarsonder kan jy nie seën ontvang nie.
Genade en Vrede vir jou.
David