Goeiedag.
Tema: Eiewys
In die tweede brief aan Timoteus waarsku Paulus in hoofstuk drie oor swaar tye in die laaste dae, as gevolg van die korrupte karakter van die mens. Die mens ontaard in ‘n selfsugtige, selfgerigte, rebelse wese wat wat nie begrens wil word deur goeie normes nie. Waardes of gebooie wat deur die Here uitgespel is vir n ordelike samelewing word debateer en verwerp as te konserwatief en te nou. Die bedoellings van gebooie is om die mens te beskerm en te beveilig. In nie-Christelike godsdienste is daar altyd vernietiging van mense. Alle Bybelse gebooie is gerig tot die voordeel van die mensdom. Maar die mens in sy self verheerliking dink hy weet beter as God.
ROMEINE 1:21-22 AFR53
[21] omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. [22] Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
Reeds in Spreuke word uitsluitsel gegee dat die dwase ,hulle wat nie die gebooie wil aanvaar nie, tot val sal kom.
SPREUKE 10:8-9 AFR53
[8] Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot ‘n val. [9] Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
Die vrug van die gebooie is ‘n lewenswandel in opregtheid. Die teenstelling geld ook , hulle wat buite die gebooie leef is kom tot skande. Dit geld vir hierdie lewe maar primêr veral vir die lewe hiernamaals.
Hoe meer mens die Woord lees en verstaan, hoe meer kom die vrese van God in jou hart. Soos die vrese groei, groei heilgmaking want hoe meer raak die gebooie jou lewens waardes. Dit beteken nie dat ‘n mens die wette begin volg nie, dit is dat geregtigheid in jou hart geskryf word. Die Woord verander jou denke, jou hart, dit is ‘n interne proses. Jou eie idees en denke word verander deur die lewende Woord. Wat ‘n wonderlike pad om te stap, die pad om na die beeld van Jesus verander te word.
Genade en Vrede vir jou.
David