Goeiedag.
Tema: Hoogmoed
Die eerste sonde wat gepleeg is was nie in die tuin van Eden nie maar in die hemel. Die beskrywing daarvan is in JESAJA 14 waar Lucifer homself wou gelykstel aan God.
JESAJA 14:14 AFR53
[14] Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
Hierdie sondige neiging om hoogmoedig te wees is deel van die mens en kom direk van die duiwel af. Die Woord waarsku dringend daarteen:
SPREUKE 11:2 AFR53
[2] Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.
Hoogmoed is so soms so subtiel versteek in die mens se lewe. Dit mislei met mooi woorde en idealisme. Die Here het die spesie mens gemaak, nie ‘n hoër klas en ‘n laer klas nie. Almal is gelyk voor Hom maar sommige word verkies vir spesifieke take. Paulus verduidelik dit effektief in 1 KORINTIËRS 12: 12-32.
I KORINTHIËRS 4:6-7 AFR53
[6] …., dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie. [7] Want wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?
Die Woord sê nie dat alle mense dieselfde kan doen nie, daar is meer en minder begaafdes. Mense met verskillende talente; slim , mooi, sterk, werker, bestuurder, arm, ryk, ens. Die Here verwag van elke mens sy, beste in sy omstandighede. Net soos HY luiheid nie verdra nie haat HY hoogmoed. Prestasie moet gepaard gaan met beskeidenheid, die eer kom God toe. Hy sal jou beloon vir jou goeie werke.
Die lewe gaan nie daaroor om die eer van mense te soek nie. Dit is n slag gat wat persoonlike skade bring. Dit verhoed jou om gehoorsaam te wees soos in die volgende konteks:
JOHANNES 12:43 AFR53
[43] Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
Hoogmoed is so ‘n groot onderwerp wat baie fasette het. Dit wissel van hoogmoed oor versukkelheid tot hoogmoed oor sukses en alles tussen in soos koppigheid en eiesinnigheid. Het ek en jy verskuilde hoogmoed?
Genade en Vrede vir jou.
David