Goeiedag.
Tema: Skaal
SPREUKE 11:1 AFR53
[1] ‘n VALSE weegskaal is vir die Here ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae.
Hierdie vers gaan na my mening oor meer as net handeldryf. In die handel is daar staats amptenare wat kalibrasie sertifikate uitreik en inspeksie doen vir skale. Om nie gesertifiseerde skale in handel te gebruik is ‘n misdryf. In ons Godsdiens is die Woord die korrekte weegskaal. Ons weegskaal of waardes word teen die Woord getoets. Die valse weegskaal waardes word gegee in:
GALÁSIËRS 5:19, 22 AFR53
[19] En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;……
So word ook die akurate of gekalibreerde waardes gegee deur:
[22] Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing…..
Hierdie twee stelle waardes is voordurend in konflik:
GALÁSIËRS 5:17 AFR53
[17] want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
Die konflik kom daaruit dat ons slegs mense is met ‘n ingebore natuur wat voordurend neig na sonde. Party mense het net ‘n wilder geaardheid as ander. Vergelyk die ryk jong man in MAT 19 en LUK 18.
LUKAS 18:22 AFR53
[22] En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou — verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
Vergelyk sy lewe met die van Simson, wat mal was oor vroue of die van Saulus wat ‘n fanatiese moordenaar was deur sy godsdiens, voor bekering. Hierdie wilde manne is deur God gebruik vir Sy werk na reiniging. Hulle het ‘n nuwe weegskaal of waarde sisteem gekry. Almal het maar ‘n voordurende stryd om in die Gees te wandel (Gal 5), en sal nie volmaak wees teen die einde van hul lewe nie, Die mens se volmaaktheid lê net in Chritus, daarom moet elkeen volhard met die goeie stryd om heilig te word. Dit is uiters belangrik om voordurend jou vals weegskaal in te stel teen die Woord as maatstaf. Wees nugter met wysheid daarin.
Genade en Vrede vir jou.
David