Goeiedag.
Tema: Regtig?
Die vraag ; “Regtig ? “, is ‘n baie belangrike vraag. Kort maar veelseggend. Dit is ‘n tipiese vraag van wat gevra word as jy iets, wat gesê word nie glo nie of onseker is oor. Dit is ‘n vraag wat ‘n mens jouself dikwels moet vra, om te verseker dat, dit wat jy doen ooreenstem met dit waarna jy hoop. SPREUKE stel dit so onstellend duidelik:
SPREUKE 11:7 AFR53
[7] By die dood van ‘n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.
Daar is maar min mense waarmee jy praat wat jy nie agterkom dat hul hoop is om in die hemel te kom nie. Gaan woon maar net enige begrafnis by en jy sal vind dat almal se hoop ‘n goeie lewe in die hiernamaals is. Dit is sulke tyd wat mens die vraag ” Regtig ? ” kan word. Weerspieël ‘n mens se lewe die hoop en verwagting wat hul het. Is daar gehoorsaamheid en ywer volgens die Woord?
HEBREËRS 12:14 AFR53
[14] Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
Bostaande Skrif is nie vir sondaars nie maar eksklusief vir gelowige kinders van die Here. Dan lees ons verder:
I PETRUS 4:18 AFR53
[18] En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
Dit is duidelik dat om in die hemel te kom nie net ‘n saak van geloof is nie maar ook ‘n saak van enstige toewyding. Johannes maak die stelling:
JAKOBUS 2:18 AFR53
[18] Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
My persoonlike mening is dat ‘n mens se gebedslewe ‘n weerspieëling is van sy geestelike gesondheid. Ek wil dit herhaal want gesprek is dīe barometer van verhouding. Dit is onmoontlik om baie te bid en nie te verander nie. Die rede is dat deur gebed kom jy in die teenwoordigheid van God en Sy teenwoordigheid verander jou automaties. Daarom moet elke mens wat die stelling maak dat hy ‘n kind van die Here is vir homself die vraag vra; RÊRIG ??
Genade en Vrede vir jou.
David