Goeiedag.
Tema: Dreigemente
Wanneer die Woord gelees word is dit duidelik dat die goddelose nie geliefd is in die gemeenskap nie en vernietiging vir hul wag. Dit is nie leë dreigemente nie maar ‘n gegewe werklikheid.
SPREUKE 11:8 AFR53
[8] Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.
Daar is niks goed in die lewe van ‘n goddelose nie. Hul werke is vernietigend vir hulself en vir die om hulle. In tye van benoudheid het net hulself as hulp, terwyl hul reeds magteloos is. Daarinteen is daar ‘n ander realiteit vir die gelowige:
PSALMS 61:3-5 AFR53
[3] Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ‘n rots wat vir my te hoog is. [4] Want U het ‘n toevlug vir my geword, ‘n sterk toring teen die vyand. [5] Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
Mens hoef nie meer te sê nie.
SPREUKE 11:[9] Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.
Dwarsdeur die geskiedenis is die veleidende mag van die tong sigbaar. Politieke leiers mislei mense tot oorloë en geweld. Finansieële leiers lei mense in belegings en piramiede skemas wat hul beroof, verarm en bankrot maak. Godsdienstige leiers verkondig ‘n vals godsdiens wat mense van die ewigheid berowe. Op elke valk van die samelewing is daar misleiding maar die Woord bring reddende kennis. Die Woord is die enigste waarheid, ‘n lamp vir jou voet en ‘n lig op jou pad. Daarom is die lees van die Woord ‘n voorvereiste vir ewigheids sukses. Die Woord moet gelees word met die fokus om God en Sy geregtigheid daarin te ontdek. Moenie die Woord lees om jouself en eie gewin daarin te probeer vind nie.
HEBREËRS 4:12 AFR53
[12] Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
As mens die Woord sò, lees sal hy baat daarby vind. Dan is die volgende vers die resultaat daarvan:
SPREUKE 10:10 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel ‘n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.
Genade en Vrede vir jou.
David