Goeiedag.
Tema: Vervulling
Elke jaar met Kerstyd vier ons nie soseer ‘n geboorte dag nie maar ‘n vervulling. Die koms van die Messias, Jesus Christus, die enig gebore seun van God. Gebore uit ‘n maagd, deur die werking van die Heilige Gees van God, nie uit die wil van ‘n man nie. ”n Bonatuurlike konsepsie vir ‘n natuurlike mens met ‘n bonatuurlike roeping.
KOLOSSENSE 2:9-11 AFR53
[9] Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; [10] en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; [11] in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
Watter kragtige woorde om Christus te beskryf. Woorde te diep om ten volle te verstaan met menslike begrip. Die mens Jesus Christus was ‘n mens van vlees en bloed met ‘n geboortedatum en ‘n sterwensdatum. Tog kon die volheid van die Godheid in sy liggaam woon. Die onverganklike in ‘n verganklike mens. Ons vier sy geboorte wat ‘n volmaakte voorbeeld is van elke geredde mens se weergeboorte. Wanneer ‘n natuurlike mens gevul word met die onverganklike ewige gawe van God. Wanneer ons dus Sy geboorte herdenk juig ons oor dit wat ons persoonlik ontvang het. Ons het Sy volheid ontvang in en deur Jesus Christus.
As ons in Hom bly deur in Sy Gees te leef en wandel maak Hy ons kragtige getuies. Dit is ons getuie; dat Hy ons vrygekoop en geheilig het van die smet en bande van die wêreld. Hy kon dit doen omdat Hy die hoof is van alle owerheid en mag. Hy het ook die sleutels van die dood en die doderyk, want Hy het die bose oorwin. Vers [11], Hy het ons besny in ons harte, omdat deur die doop ons die sondige vlees afgelê het. Hierdie gebeure vier ons met elke nagmaal en met ook Kersfees wanneer die getuienis uitgaan na ‘n verlore gaande wêreld. Kersfees is die een tyd wanneer die wêreld stil word van hul gejaag en bewus gemaak word van ‘n genadige God. Mag elkeen hierdie besondere boodskap van Christus aan die wêreld uitbasyn
Genade en Vrede vir jou.
David