Goeiedag.
Tema: Kennis
Het jy al gevind dat die kennis wat jy het verouderd word en nie meer gebruik kan word nie? Dat jy gedurigdeur nuwe kennis moet leer om met die ontwikkeling van die dag by te hou? Elke keer as my selfoon vervang word met ‘n nuwe een is daar nuwe funksies beskikbaar is. Dan werk die ou metodes nie meer so goed of glad nie. Gelukkig is hierdie verandering net van toepassing in tegnologie.
Daar is kennis wat lang termyn of ewigheids waarde het. Voorbeelde is vakgebiede soos Wiskunde, fisiologie en ander waar kenis vermeerder maar die basis konstant is. So vind ons geloofs beginsels wat vas staan in die Woord. Dit verander nie soos die eeue aanrol nie. Luister na Paulus se uitspraak;
HEBREËRS 5:12 AFR53
[12] ……, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, ……
HEBREËRS 6:1-2 AFR53
[1] …… maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, [2] van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.
Het ons elkeen ‘n duidelike begrip van die sewe punte wat Paulus hier uitlig? Nie dat dit al is nie, daar is nog kennis nodig soos die werking vd Heilige Gees, gawes, vrugte, krag, doping en baie ander.
Hier kom die wysheid in as Spreuke sê:
SPREUKE 15:14, 16 AFR53
[14] Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
[16] Liewer ‘n bietjie in die vrees van die Here, as ‘n groot skat en onrus daarby.
Die mens wat die Here probeer volg sonder grondige kennis van die Woord sal mislei word en leringe van mense en duiwels aanhang. Jesus self waarsku herhaaldelik, dringend, keer op keer in die evangelies; ” pasop dat jul nie mislei word nie” .
Dit is net uit ‘n posisie van kennis en leiding van Heilige Gees dat ‘n gelowige nugter kan bly in geloof, denke en oortuiging. Verstandiges soek kennis en die vrese van God met hul hele hart, dit is die hoogste prioriteit.
GOD help ons hierin, lees die belofte in: II PETRUS 1:3
Genade en Vrede vir jou.
David