Tema : Gebeds seën
Goeie dag.
In die verlede het TWR (trans wêreld radio) ‘n kultuur van gebed gehad. Daar was by elke geleentheid en nie-geleentheid gebid. Toe ons dit eers gewoond was, was die besondere seën daarvan duidelik. Mens onderskat die krag en seën van n gebeds gebasseerde lewe, n lewe waar gebed ‘n volgehoue, goue draad in is. So n leweswyse kan net gevolg word in n gesonde verhouding met die Here.
I JOHANNES 3:21-22 AFR53
[21] Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; [22] en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.
Wat n besondere plek om te wees in jou geestelike verhouding met Hom. Dit is wanneer jy dankie sê vir iets klein soos tee drink, en jy gewaar die teenwoordigheid van Heilige Gees. Of wanneer ‘n bekende net noem van ‘n behoefte, en jul bid daar en dan en HG bevestig dat God jou gebede aan hoor. Ons eie verkeerde of skewe fokus in die lewe, beroof ons van oneindig baie seën. Ek is van mening dat die Skrif wat sê:
Bid sonder ophou, meer inhou as wat op die oog af verstaan word. Dit is n skatkamer van onbeperkte seën. Dit is, n geheimenis wat die diepte net deur Here openbaar kan word. Dit is nie taak of wet wat onderhou word met die oog op n beloning nie. Dit is baie, baie meer. Dit kan tot die toegang in hemelse plekke lei. n Voorvereiste vir so n gebeds lewe is n rein hart volgens Ps 15 en ook:
PSALMS 24:3-4 AFR53
[3] Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek? [4] Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Die Woord spreek van self en het nie verduideliking nodig nie. Daar is min gelowiges wat op die plek in hul verhouding met die Here is, maar dit is haal aar.
Genade en Vrede vir jou. David