Tema : Verniel
Goeie dag.
Een van die redes hoekom Genghis Kahn se weermag besonder suksesvol was in sy verowering van die wêreld was omdat sy soldate ‘n sy hemp gedra het. Die Sy is so sterk dat n pyl nie daardeur kon dring nie. Alhoewel die pyl in die vlees ingedring het was die Sy hemp nie gesny nie en is die pyl verwyder mbv die hemp.
Soortgelyk is gelowiges wat toegeruste is met die Heilige Gees. Die bose kan hul verniel maar nie vernietig nie. Paulus beskryf die omstandighede so akkuraat in :
II KORINTHIËRS 4:7-9 AFR53
[7] Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. [8] In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; [9] vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie….
Gelowiges se lewens is nie sonder teenstand nie, maar hul word in stand gehou deur die krag van God. Ek weet nie of dit anders is in jou lewe nie, maar ons ondervind, dit wat die Skrif sê dikwels in ons lewens. Hoe meer ons bid hoe makliker raak dit om die aanvalle en weerstand te hanteer.
Toe Jesus se dissipels in gehoorsaamheid gaan wag het in gebed in Jerusalem was hul vervul met die Heilige Gees. Netso, meer ons in gebed wag op Christus hoe meer word ons versterk. Gebed is die sagte dun Sy hemp wat ons beskerm teen die pyle van die bose.
Soos Paulus het ons n keuse oor hoe om te reageer op ons omstandighede. Sterk gelowiges leef in oorwinning ten spyte van hul omgewing en omstandighede. Hul is sterk omdat hul in die gees geoefen is om geloof te behou. Hul het geleer storms gaan verby en is tydelik, môre is n nuwe dag met nuwe uitdagings en geleenthede. Deur gebed en volharding in die geloof oorwin hul todat Christus hul kom haal.
Genade en Vrede vir jou. David