Tema : Saai
Goeie dag.
Ek het al gewonder oor die nie normale seëninge wat in n mens se lewe gebeur. Die kere waar jy amper kosteloos n geskenk ontvang wat vir jou van waarde is en daardeur baie koste bespaar. Lê die antwoord in die beginsel van saai en maai?
Daar is soveel Skrifte en spreuke oor die saak.
Saai is in werklikheid maar net n tasbare bewys van liefde en omgee. Dit is nou om te gee sonder om terug te verwag.
II KORINTHIËRS 9:6 AFR53
[6] Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
[8] En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
PREDIKER 11:4-6 AFR53
[4] Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie. [5] Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van ‘n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie. [6] Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie.
Die boodskap is duidelik saai in alle omstandighede. Die Here sal self voorsien en sorg. Ek en jy moet saai soos in jou hart opkom en waar dit in jou hart opkom. Hoeveel goeters hou ons net om te hou todat dit vergaan. Jou nie-gebruikte goed kan vir ander n groot seën wees. Mag ons elkeen bid dat die Here ons harte en oë sal oopmaak vir ander se nood. Deur ander se nood te verlig saai jy in jou eie lewe.
SPREUKE 19:17 AFR53
[17] Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
Hoeveel te meer, hy wat gee aan hul wat nie kan terug gee nie, en dit sonder om iets terug te verwag. Dan saai jy werklik.
Genade en Vrede vir jou. David