Waters van rus.
Goeie dag.
Die meerderheid gelowiges kan Ps 23, hartop voordra.
PSALMS 23:2-3 AFR53
[2] Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. [3] Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil…..
Daar is n duidelike interaksie in die Psalm. Dit is dat die Here lei en die psalmis volg.
Hy lei na groen weivelde, hy lei na waters van rus, hy lei deur die dal van dood skaduwee. As Hy lei en die mens is gehoorsaam om te bly volg kom daar n reeks seëninge.
Anders as n bok word n skaap nie gekenmerk deur n eiesinnige wil nie. Hul hanteer normaalweg maklik en gewillig, hul volg selfs n skaap wagter en loop agter die aan.
Deur middel van gebed kan n mens sy oor in stel, om die stem van die Here te hoor. Dit is maklik om die algemene voorsiening van die Here te sien as gebeds verhoring. Die Woord meld Sy algemene goedheid:
PREDIKER 8:14 AFR53
[14] Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is, met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.
Daar is egter n uitgesoekte seën vir hul wat die stem van die Here hoor. Dit verskil van algemene seën. Die gebede van die gelowiges, wat in die Woord opgeteken is, getuig van n persoonlike ondervinding. Dit getuig van n pad deur en oor berge en dale. Dit getuig egter ook van die besondere seën wat hul beleef het. Voorbeelde hiervan: is die geval van Elia, en Hagar wat moedeloos gewees het en deur die Here opgetel is. David wat vrees oorkom en n bende wil storm. Die dissipels in die storm see, met Petrus wat op die water loop. Hanna en Deborah, Saul van Tarsus, die geloofs helde van Heb 11 ens. My en jou omstandighede is flou in vergelyking met dit wat gelowiges al deur gemaak het. Die geheim is in die detail van die gehoorsaamheid, tot op dié jota en titel.
Genade en Vrede vir jou. David