Tema : Eer betoon
Goeie dag
Dit is tragies om te sien hoe die betoning van respek en eer in ons Westerse samelewing grootliks tot niet is. Mens kom dit nie so agter todat jy n Oosterse land besoek, waar almal hoflik is en n buigbeweging uitvoer teenoor almal. Ek dink die wortel van die probleem is hoogmoed. Mense word groot gemaak met n oordrewe eie waarde en belangrikheid. Die Woord gee baie lering, oor respek. Dit begin sommer binne in die gesin.
MATTHÉÜS 15:4 AFR53
[4] Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.
Ons is bekend met: dat jou dae verleng mag word, maar nie met die straf vir disrespek nie. Wanneer ons tot God nader moet dit veral met die nodige respek gedoen word. Daar sluip tog so maklik n vervalsing en vertoning in tydens gebed. Voorbeelde sal ek nie noem nie, want dit is te sensitief. Mag Sy genade ons elkeen vry maak as ons n drama opsit as ons bid. Hierdie is nie bedoel as foutvind nie, die Here ken jou hart, as jou manier van gebed vir Hom reg is is dit goed. Gebed moet n plek van opregtheid wees, daar moet egtheid in wees. Dit is n plek respek, van eerlikheid, afhanklikheid, onderdanigheid, skuld belydenis, emosie , ens. Ons is kinders van God maar nie gelyk aan Hom nie. Ons orde en stand is laer as die van engele.
PSALMS 8:6 en
HEBREËRS 2:7 AFR53
[7] U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.
Die hoë verwagting waaraan die mens kan voldoend is net moontlik in nederigheid.
N nederige mens het respek vir ander, n liefde vir ander. Hul kan liefde uitleef:
I KORINTHIËRS 13:4-5 AFR53
[4] Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, [5] handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,…
Genade en Vrede vir jou. David