Teleurstelling
Good day
Teleurstelling is die storie van die lewe. Niemand en niks ontsnap die hartseer en pyn van teleurstelling nie. Selfs God is teleur gestel deur die mens.
GÉNESIS 3:8-9 AFR53
[8] En hulle het die stem van die Here God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die Here God tussen die bome van die tuin. [9] Toe roep die Here God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?
Teleurstelling is n kragtige agent van vernietiging. Dit bring hartseer, trauma, wanhoop, rou en derglike dinge. Teleurstelling is die verpersoonliking van verwerping. Dit skaad n mens se siel met diep wonde wat soms nooit genees nie. Is daar nie baie volwassenes, selfs ou mense wat nooit genees van verwerping as kind nie. Ons ken hul uit as begaafde mense wat se uit waarde en selfbeeld so swak is dat hul potential nooit ten volle blom nie. Andere kere is dit self verwerping oor sonde wat in die lewe gebeur het. Baie keer lei dit tot bitterheid en vereensaming.
Daar is hoop, kosbare redding en genesing. Daar is talle voorbeelde in die Woord waar die Here mense herstel en op dié wenpad plaas, maar kom ons kyk na Saggeus. So klein dat die Woord hom kort noem, sy eerste rede van selfverwerping. Dan is Hy nog in die diens van die Romeine, waarvoor hy belasting moet hef. Gehate man selfs onder sy eie volk. Dan verag hy homself ook nog omdat Hy n korrrupte amptenaar is en geld afpers en steel. Hy was die ideale kandidaad vir selfmoord, soos Judas Iskariot. Die groot verskil is Hy het selfs in n boom geklim om Jesus te kon sien en Jesus hom kon raak sien, n desperate poging om hulp. Hoe lyk jou siels gesondheid vandag, geskaad en geskenk met bitterheid en verslaenheid?
Jesus se eie woorde aan elkeen van ons is:
MATTHÉÜS 11:28-29 AFR53
[28] Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. [29] Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
Ook in JESAJA :
JESAJA 55:3 AFR53
[3] Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
Maak soos Saggeus.
Genade en Vrede vir jou. David