Tema : Gesin
Goeie dag.
Tye waar jou van jou gesin en mense afgesluit is uitdagend alleen. Dit is sulke tye waarin jy besef hoe kosbaar jou familie is. Familie en vriende is hartsgoed, kosbare skatte wat die lewe maak. Familie en gesin is vir die Here so belangrik dat HY dit deel van aanbidding maak.
EXODUS 28:29 AFR53
[29] So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die Here gedurigdeur.
Die wel en wee van jou gesin en familie is so belangrik dat Hy gedurig deur wil weet oor hulle welstand. Paulus getuig ook van sy liefde vir die gemeente.
FILIPPENSE 1:7 AFR53
[7] soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.
Die liefde vir jou eie mense maak dat hul welstand vir jou belangrik is, selfs n prioriteit. Die beste wat jy vir ander kan doen is om hul in jou gebede te dra. Om soos Job vir sy kinders ingetree het, ook self te doen.
JOB 1:5 AFR53
[5] En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseen! So het Job altyd gedoen.
Is dit nie n sprekende kenmerk van liefde nie: reken die kwaad nie toe, nie soek nie sy eie belang nie,…..
(1 Kor 13). Male sonder tal het die profete vir die volk ingetree. Dan het die Here vergewe en nog n keer die ellende laat verbygaan of uitgestel . Die voorbeelde gee elkeen van ons die wetlike grond om voor die Here te pleit vir ons geliefdes wat nog dwaal. Kom ons stort ons harts begeertes voor die Here uit vir ons kinders, familie, land, volk, mense…. Die wat Hom nog nie ken nie of volg nie. Last ons liefde werk deur gebed.
Genade en Vrede vir jou. David