Tema : Voorreg
Goeie dag.
Daar is ‘n besondere lied wat die mens se lewe in die regte perspektief stel:
Al die lof en al die eer kom u toe. (x2)
U is waardig so lof waardig
Hallelujah Prys U naam….
Die gelowige ontvang alles net uit God genade, deur Sy goedheid. Deur hierdie voorreg beleef die uitverkorenes onder andere die vogende waarhede:
EFÉSIËRS 2:8-9 AFR53
[8] Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; [9] nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
LUKAS 12:22, 29-30 AFR53
[22] EN Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.
[29] Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; [30] want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
I KORINTHIËRS 1:30 AFR53
[30] Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
ROMEINE 8:26 AFR53
[26] En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
Daar is nog soveel genade aspekte wat gelowiges ontvang, dat dit nie alles hier genoem kan word nie. Omdat alles uit genade ontvang is, is daar geen plek vir hoogmoed, ondankbaarheid of onvergenoegdheid nie. Die enigste rol wat jy as persoon het, is om gehoorsaam te wees en die volle waarheid van die Evangelie uit te leef. Dit is alles behalwe maklik want dit vereis van jou om jouself te kruisig. Persoonlike oortuigings, eie voorkeure, begeertes ens. Dit word vervang met ‘n nuwe mens. Dit is waar gebed ‘n groot rol speel. Selfs die aksie van gebed; om op jou kniee te gaan of selfs plat te lê is n uitdrukking van onderdanigheid en diensbaarheid. Is daar ‘n groter voorreg as om die liefde, teenwoordigheid en vrede van God te beleef in gebed. Mag elkeen hierdie voorreg koester en na waarde ag, die eer kom Hom toe.
Genade en Vrede vir jou. David