Tema : Soete gebed
Goeie dag.
In 1845 komponeer ‘n blinde Prediker W W Walford die gesang met die liriek:
Sweet hour of prayer
Sweet hour of prayer
That calls me from a world of care
and bids me at my Father’s throne
…..
Hierdie kosbare belewenis om voor die troon van ons Vader in die hemel te kom, word deur al die eeue gekoester. Voor Sy troon is ons totale wese sigbaar, gees en siel, alles wat ewigheidswaarde het. Daar is net een manier om daar te kom, deur die bloed van Jesus deur die Gees.
Gebed se oorsprong begin in belewenis; die verstand, denke, emosies soos vreugde, hartseer, bewondering ens.
I KORINTHIËRS 14:15 AFR53
[15] Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
Daar is ‘n punt waar gebed verby die punt van rede gaan, en ‘n geestelike belewenis word. Dan verstaan ons:
EFÉSIËRS 6:18 AFR53
[18] terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
Wanneer daar in die Gees gebid word, is dit ‘n ander dimensie van gebed. Die Heilige Gees bid dan deur die mens, God se wil.
ROMEINE 8:26 AFR53
[26] En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
ROMEINE 8:27 AFR53
[27] En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Dit is wanneer die lied ‘n belewenis word, meer as net [n mooi melodie en liriek. Paulus noem dat hy in sulke tye, in tale bid. Verder getuig hy van besondere gebeure wat hy waarskynlik tydens gebed beleef het (2 Kor 12). Sy belewenisse is uniek, en is dalk nie vir almal beskore nie. Daar is egter besondere tyd wat elkeen met God kan beleef in gebed. Mag dit in elkeen se gebeds lewe ‘n werklikheid wees.
Genade en Vrede vir jou. David