Tema : Profesie Koningskind
Goeie dag.
Elke weergebore kind van die Here, het die grootste eer ontvang wat ‘n mens kan toeval. Die Here het hul uitverkies, van voor die grond legging van die wêreld af om Sy kind te wees. God het jou by die naam geroep, jy is Sy kind.
GALÁSIËRS 4:6-7 AFR53
[6] En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! [7] Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
Verder behalwe dat jy Sy kind is, is jy ook volkome toegerus om soos ‘n Koningskind te lewe.
II TIMÓTHEÜS 3:17 AFR53
[17] sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
In JESAJA 46 vind ons die profesieë oor Kores, hierin sê God twee keer dat Hy Kores by die naam geroep het. Elke kind van God is by die naam geroep, word deur God geken. Het die Gees van die Seun in hul harte ontvang. Het die Heilige Gees ontvang, is gewas in die bloed van die Lam, Jesus Christus.
Na my mening sondig gelowiges as hul op hulself neersien. Wanneer jy jouself verkeineer en dink jy is armoedig en pateties ontken en misken jy jou God se wonderwerk in jou lewe. Bely jou misdaad en dank God vir Sy reddende genade. Gaan staan voor ‘n speel, kyk jouself in die oë en dank God hardop:
Ek is na die beeld van God geskape.
Ek is Sy kind en erfgenaam.
Ek is kosbaar in Sy oë en vir medegelowiges en familie.
Ek is gered uit genade.
Ek is pragtig, mooi en die hemelse skoonheid staal uit my.
Ek is duur gekoop, deur die bloed van Jesus Christus.
Die Heilige Gees van God woon in my, en strome van lewende water vloei uit my binneste.
Ek is ‘n tempel van God.
Hy ken my by my Naam,
Ek is Syne.
Ek is geheilig.
Ek het die gawes van die Heilige Gees in my lewe.
Ek behoort aan ‘n hemelse Vade,r en familie wat uiters lief is vir my.
Ek leef as oorwinnaar deur die bloed van die Lam, en die woord van my getuienis.
Ek is versorg en kom niks kort nie.
Doen dit herhaaldelik en daagliks todat jy die belofte uit die Woord glo, en ervaar, en beleef. Brei met die ander beloftes uit en volhard daarmee. Jy is spesiaal, vir God en vir mense. Die geur van lewe omring jou.
Genade en Vrede vir jou. David