Tema: Waarvoor om te bid.
Goeie dag.
Baie dikwels hoor ons, dat mense nie weet waarvoor om te bid nie. Tog spel Paulus ‘n hele gebeds plan in TIMÓTHEÜS uit:
I TIMÓTHEÜS 2:1-4, 8 AFR53
[1] IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; [2] vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. [3] Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, [4] wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
[8] Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
Die aksies is:
1. Smeking; dit is meer as net vra, dit is n emosionele pleit. Dit is om soos Hanna, Samuel se moeder gebid het vir ‘n kind.
2.Gebede: Dit is meer voudig, meer as net een keer, herhaaldelik, getrou.
3.Voorbede: Dit is gebede vir besluite, en sake wat nog in die toekoms sal gebeur. Dink aan die wonder hoe Suid Afrika sonder bloedvergieting na ‘n volle demokrasie oorgegaan het. Die resultaat van gebede.
4.Danksegginge: Dit is ‘n bewys van jou geloof, dat die Here jou gebede gaan verhoor. Bedank omdat die gebede in die geestes wereld al realiseer het, wat later in die fisiese wêreld sal realiseer. Nog ‘n bewys van volle vertroue en geloof.
Vir wie:
1. Vir alle mense. Dit is vir die bevolking, sodat hul beheer en bewaar kan word deur geregtigheid. Dat hul goed sal doen en die kwaad sal weerstaan.
2. Konings en Hoog geplaas test. Almal wat die rigting en die toekoms van die land/wêreld bepaal. Dit sluit alle leiers in.
Die doel:
1. ‘n rustige, stil, godvrugtig, waardig lewe vir almal. Misdaad vry, gekleed, gevoel, geliefdes, en alle ander goeie dinge.
2. Dit behaag God. In ‘n samelewing is orde en kan die Evangelie met krag verkondig word.
Waar:
Op elke plek, in aanbidding en eenheid.
Gebede kan die wêreld verander en sal dit verander as gelowiges net die Woord gehoorsaam is, en luister om so te bid. As ons so bid sal die eindtyd weg bly todat almal die kennis van God het en ‘n finale keuse gemaak het. Kom ons bid daarvoor in erns.
Genade en Vrede vir jou. David