Goeiedag.
Tema: Ondervinding leer
‘n Wyse mens leer uit die foute wat in die lewe gemaak is, sy eie sowel as die van ‘n ander. Een van die belangrikste lesse is om te leer wanneer om stil te bly, om stadig te reageer. ‘n Wyse mens leer om met ‘n dowe oor te luister, met ander woorde om kaf van sinvolle gesprek te skei. Sinvolle inset word verwerk en word wegelĂȘ as kennis. Hul reageer nie altyd op ‘n gesprek nie, veral nie as dit emosioneel raak nie. ‘n Koelkop is goud werd. Nog minder moet daar reageer word op dwase praatjies, ignoreer net want stilbly is dikwels die beste antwoord. Hulle wat te veel praat grawe dikwels hul graf met woorde;
SPREUKE 10:14-19 AFR53
[14] Die wyse lĂȘ kennis weg, maar die mond van die dwaas is ‘n ondergang wat naby is.
[19]By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
Die volgende twee verse spreek boekdele oor geld:
[15] Die goed van die ryke is vir hom ‘n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.
[16] Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.
Die meeste mens jaag daarna om ryk te word omdat dit gerief, gemak en sekerheid verteenwoordig. Maar geld het sy eie slagate; geldgierigheid, gemaksugtig, luiheid, hoogmoed, onsensitiweiteit, ens. Om geld reg te hanteer is kuns, dit kom met finansieele geletterheid wat dissipline insluit. Om dit te verifieer kan daar maar net gekyk word na mense wat gelukspeletjies soos die lotto wen. Hul verloor dikwels hul lewe en die meeste raak baie vinnig bankrot. In teenstelling hiermee is daar baie ryk mense wat klein lewe, sonder vertoon of oormatige plesier en ‘n ware aanwins vir die samelewing is. Vrygewig, stabiel, konserwatief ens. Hul geld skep lewe vir hulself en ander rondom hulle, terwyl goddelose se geld gaan vir sonde in n wyer sin.
In alle aspekte van die lewe moet geleer word om kennis te verkry. Mag elkeen tot die ware kennis van ‘n godsvrugtige lewe kom.
Genade en Vrede vir jou.
David