Goeiedag.
Tema: In Jerusalem
Om te hoop en te werk vir die onwaarskynlike mag na dwaasheid klink. Die verskil tussen die onwaarskynlike en onmoontlike is hoop en vertroue. Die onwaarskynlike word verander in die waarskynlike en dan na die werklikheid deur volharding in geloof. Een van die beste hedendaagse voorbeelde vir my is die Jode. Vir die eeue was hul spreekwoord: ” volgende jaar in Jerusalem”. Vandag nog repatrieer Jode na Israel, hul belofte land. Die staat Israel is ‘n wonderwerk van God, Hy alleen kan ‘n volk vir meer as 3500 jaar in stand hou, volgens Sy Woord. Die Jode is nie eers baie gelowig nie maar as God ‘n belofte gemaak het vervul Hy dit . Onbewustelik dalk vir die Jode self het hul in geloof en wysheid gespreek.
SPREUKE 10:31-32 AFR53
[31] Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei. [32] Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
Kinders van God is geseend met onberekenbare goeie beloftes. Dit is dalk tyd dat ons dieselde spreek deel van ons lewenswyse maak. Ons Jerusalem is nie hier op aarde nie maar voor die troon van God, die Nuwe Jerusalem. Ongeag jou omstandighede daar is ‘n belofte:
PSALMS 55:23 AFR53
[23] Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
DEUTERONÓMIUM 31:8 AFR53
[8] En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.
Hierdie kennis en wysheid moet in jou DNA wees, dit moet ‘n onlosmaaklike waarheid in my en jou lewe wees. Laat jou lippe dit welgevaliglik voor die Here bely. Daar is geen valsheid, misleiding of twyfel in nie. Dit is die Lewende Woord. Glo dit ,verkondig dit, staan daarop. Die beloftes is lig in die donkerste nag in elkeen se lewe. Dit is die woord van jou getuie deur die bloed van die lam. Dit is oorwinning.
OPENBARING 12:11 AFR53
[11] En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Sien jou volgende jaar in Jerusalem!!!
Genade en Vrede vir jou.
David