Goeiedag.
Tema: Heldinne
Eva is geskape as hulp vir Adam, maar dikwels in die verlede is die rol van hulp wat die vrou vervul nie tenvolle erken nie. Vroue is fisies die swakker geslag maar dit maak hul nie minderwaardig nie. Hul het ander unieke kwaliteite waarvoor hul geëer moet word. Elke kultuur het hul eie maatstawwe vir vroulike skoonheid. Soos ‘n mens se kennis van die kulture groei leer jy om vroue se mooiheid te waardeer en te eer. Die Woord leer ons om jou vader en moeder te eer. Dit beteken in effek dat alle vroue ok geëer moet word want hul is moeders in die wyer sin van die Woord.
SPREUKE 11:16, 22 AFR53
[16] ‘n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.
[22] ‘n Goue ring in ‘n vark se snuit, so is ‘n vrou wat mooi is maar sonder belei
Die Woord is vol van sterk vroue wat uitgestaan het as heldinne, hier volg n paar verwysings:
RIGTERS 5:7 AFR53
[7] Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, ‘n moeder in Israel, opgestaan het.
RIGTERS 4:21 AFR53
[21] Toe neem Jael, die vrou van Heber, ‘n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe.
Ester wat haar lewe waag om voor die koning te verskyn sodat sy haar volk kan red ,sonder dat sy geroep word:
ESTER 4:11 AFR53
[11] Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies van die koning weet dat vir elke man of vrou wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, een en dieselfde wet geld: hy moet gedood word; behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie.
Daar is nog baie vroue in die Woord wat heldinne was. Ragab, Rut, Maria wat bereid was om swanger te word tenspyte daarvan dat sy gestenig kon word……
Vroue word verdruk en hul waardigheid ontneem deur godsdienste en die modes van die sekulêre wereld. Dit is tyd dat die eer van vroue herstel moet word. ‘n Goeie begin is tuis en by gelowiges, klee die vroue in jou huis behoorlik en bewys die nodige respek aan hul. Vroue tree so op dat jul respekteer kan word.
Genade en Vrede vir jou.
David.