Goeiedag.
Tema: Meet
Was jy ook al op ‘n plek waar daar gestry is hoe lank of vêr ‘n voorwerp is?
Was die oplossing gevind deur te gaan meet? Was jy reg of verkeerd?
Ek was al dikwels verkeerd met ‘n skatting, al was ek hoe seker van my saak. Die kruks van die saak is meet is weet. Om te kan meet moet jy toegerus wees met kennis en vaardighede. Almal meet daagliks, nuus, onderig, gesprekke, gedrag,sosiale media, ens. Alles aan die hand van kennis wat jy reeds besit. Jy sif die koring van die kaf met jou eie sif. Die Woord sorteer duidelik van die proses:
SPREUKE 15:2, 7 AFR53
[2] Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
[7] Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
Hier word ‘n duidelik onderskeid tussen ‘n dwaas en ‘n wyse gemaak. Die wyse bring waarheid na vore en die dwaas openbaar die onkunde maw die leen wat hy glo. Dit is nie dat wysheid verberg is nie. Spreuke gaan juis daarom om aan die mens wysheid te gee en om sotheid aan die lig te bring. Die tragedie is dat die sotheid van ‘n mens nie weggesteek kan word nie. Ander sien dit raak en verberg maar net hul gevoelens en belewenis daaroor omdat hul wys genoeg is. Dit help nie om ‘n dwaas aan te spreek nie, hul is in eie oë oortuig dat hul reg is. Die Woord staan, dat die beginsel van wysheid die vrese van God is. Nie geleerdheid, of rykdom, of skoonheid, of krag, of gewildheid, nee dit is slegs die kennis van God. Kyk wat staan in die Woord:
I KORINTHIËRS 1:5 AFR53
[5] dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;
Wanneer Hy ons leer, verhelder hy ons verstand tot ware insig en die sotheid verdwyn. Hy leer ons die regte maatstawe waarteen ons alle dinge moet meet. Hy openbaar aardse kennis maar in die besonder ewige kennis. Sy belofte is: klop en daar sal oop gemaak word, soek en jule sal vind, bid en jul sal ontvang, vra en daar sal gegee word….
O jitte, hoekom is die mens so koppig om nie nie te luister nie?
Genade en Vrede vir jou.
David