Goeiedag.
Tema: Steun
Weet jy dat dat God jou in jou daaglikse lewe steun? Waarskynlik in jou agterkop, maar dink mens ooit aan die mate waartoe Hy elke oomblik betrokke is? Slegs wanneer ons die volgende Skrifte lees raak ons bewus daarvan:
SPREUKE 15:3 AFR53
[3] Op elke plek is die oë van die Here, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
Die gedeelte gebruik die oorteffende trap om Sy betrokkenheid te openbaar te wete. ” op elke plek” ; Hy kyk orals, nie net sommer so terloops hier en daar nie. Dan weer: ” opmerksaam” , met ander woorde met aandag in detail, intens. Is dit ‘n geregverdige afleiding dat omdat die Here met aandag na Sy kinders kyk, Hy daardeur sê dat Hy werlik liefhet en omgee? Sal ‘n ja antwoord dan beteken dat Hy die beste vir sy kinders in hul omstandighede wil gee en hul wil bewaar en seën? Ek dink so wat van jou?
Nog ‘n verwysing van Sy bedoeling is die volgende Skrif:
SPREUKE 15:29 AFR53
[29] Die Here is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
Ons sien dit ook geillustreer en dat dit Sy hart is wanneer Hy met koning Asa van Juda praat deur die profeet:
II KRONIEKE 16:9 AFR53
[9] want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.
As jy verder die hoofstuk lees is dit duidelik dat die Here selfs besorg was oor Asa se gesondheid. Maar tevergerfs gewag het op Asa om na Hom toe te kom.
My gevoel is dat ons dikwels die Here se hart bedroef deurdat ons nie na Hom gaan met ons kwelinge nie maar eerder hulp soek by vreemdelinge. Uit die gebed om MATTHEUS 6, kan ons sien Hy hoop op ‘n daaglikse oproep na Hom, want daar staan in effek: gee ons vandag ons daaglikse brood en vergeef ons sonde en bewaar ons van sonde en die bose. ‘n Gebed wat elke dag herhaal moet word. Ek is skuldig daaraan dat ek dikwels na die hand kyk wat gee ( figuurlik) en vergeet dat elke goeie gawe uit die hand van die Here kom. Ek hoop jy is op ‘n beter plek.
Genade en Vrede vir jou.
David