Goeiedag.
Tema: Geskille
Span werk is die kragstigste wapen in die lewe. Daarmee kan enige iets bereik word, goed en sleg. Die gevaar van spanwerk is so groot dat die Here by die toring van Babel taal verwaring en nasies gebring het om die eenheid onder mense te verbreek.
GÉNESIS 11:6-7 AFR53
[6] En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. [7] Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
Hierdie beginsel van verdeeling word vandag nog gebruik om mense te beheer. Waar daar eenheid is tussen mense is daar krag. Geskille van watter aard ook al verdeel en verswak. Geskil is ‘n verskil van opinies wat kan lei tot rusies of slegte gevoelens wat mense van mekaar verwyder. Kyk wat is die Woord se wysheid oor geskille.
SPREUKE 18:18-19 AFR53
[18] Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar. [19] ‘n Broer teen wie oortree is, is erger as ‘n sterk stad; en geskille is soos die grendel van ‘n paleis.
‘n Voorvereiste vir eenheid is dat verskille opgeklaar moet word op ‘n positiewe manier. Dit vra ‘n strek persoon om voor te vat. Let op Jesus se woorde:
MATTHÉÜS 5:23-24 AFR53
[23] As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, [24] laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.
Om vrede met ander na te jaag is ‘n Bybelse opdrag, daarsonder word seën verbeur. Die Here wil jou en elkeen seën, maar HY kan dit net doen in geregtigheid en regverdigheid. Dink jy nie dit is my verantwoordelikheid om SY vrede te versprei nie? Vrede gaan nie oor ons nie , maar oor SY naam. Wanneer ons in SY vrede leef word HY verheerlik want dan leef ons SY liefde uit na ander. Vrede is die vrug van vervulling.
JAKOBUS 3:18 AFR53
[18] En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
Genade en vrede vir jou.
David