Goeiedag.
Tema: Vrou
‘n Man wat uit ondervinding kan praat oor vroue is Salomo. Omdat hy die slimste mens ooit was, kon hy seker al duisend vroue se naam onthou. Hy het hul seker versamel soos skatte omdat hy die waarde van ‘n goeie vrou besef het, kosbaar.
SPREUKE 18:22 AFR53
[22] Wie ‘n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ‘n welgevalle van die Here verkry.
SPREUKE 31:10 AFR53
[10] Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
Wanneer die Woord die verhale van besondere vroue beskryf is dit net ‘n dwaas wat nie beindruk is nie. Elkeen van ons het ‘n ma gehad wat jou karakter gevorm het waarvan jy vandag die vrug pluk. My ma is al agt en dertig jaar oorlede en dit vul nog steeds my hart met deernis en warmte as ek aan haar dink. Jy voel seker ook so oor jou ma. ‘n Ware vrou het ‘n magdom kwaliteite in haar wat haar geskik maak om ‘n ma en vrou te wees.
Wys soos Moses se ma om sy lewe te red (EKSODUS 2). Beskermend soos Abigail in 1SAMEUL 25. Hardwerkend soos ‘n Rut. Dapper soos ‘n Debora. Diplomaat soos Ester. Versorgend soos Johanna en Susanna (LUKAS 8). Geloofshelde soos in HEBREERS 10. Ondersteuner soos Sara.
En so kan mens aanhou en aanhou. Seuns wil soos hul Pa wees, maar het ‘n besondere verhouding met hul ma. Hul ma leer hul om sag te wees met vrouens, soos sy hul die meeste van die sagter dissiplines leer, bedagsaamheid, tafel maniere, respek vir vroue,…. ens, te veel om te noem.
Dit is dus nie vreemd dat die Woord die stelling maak, dat ”n vrou ‘n seën uit die hand van die Here is vir man is nie. Die standaard vir ‘n vrou is hoër as vir ‘n man, lees gerus SPREUKE 31. Sy funksioneer oor ‘n baie wyer spektrum as n man. ‘n Gelowige, waardige vrou dwing respek af met haar mens wees. Dit is seker daarom dat die werêld ingestel is om vroue se waardigheid af te breek met mannetjies agtige en sensuele terterige kleredrag modes. Die vrou is die mooiste skepsel op aarde. Nie net in voorkoms nie maar ook in inherente gees. Mag elke mens die vrou na waarde ag, ook sy self, loof die Here vir ware vrouens.
Genade en Vrede vir jou.
David