Goeiedag.
Tema: Met oorleg
Die meeste mense ken die Afrikaanse spreekwoord; goedkoop koop is duur koop. Dit beteken dat die goedkoopste opsie nie noodwendig die beste opsie is nie. Wanneer daar met oorleg na ‘n uitgawe gekyk word, kan die beste vir die spesifieke doel verkry word. Daar is tenmiste drie faktore wat bepaal wat mens byvoorbeeld aankoop; gehalte, doel en prys. Let wel vervaardigers naam is irrelevant. Wanneer ons die volgende lees kom daar ‘n paar gedagtes op:
SPREUKE 21:20 AFR53
[20] ‘n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar ‘n dwase mens bring dit deur.
Die woning van ‘n regverdige is geseënd.
‘n Regverdige het wysheid van God verkry oor die bestuur van sy inkomste.
‘n Regverdige is altyd versorg en nie in die nood nie.
‘n Regverdige mens het ‘n lang termyn perspektief
‘n Dwase mens het gebrek.
‘n Dwase mens verkwis sy inkomste.
‘n Dwase mens is ingestel op ‘n genot en haastige bevrediging.
Wanneer ons rondkyk sien ons gesinne met ongeveerd dieselfde inkomste waarvan die een krepeer en die ander vooruitgang. My mening is dat die verskil lê in die fondasie van hul finansieële denke. Die een is Woord gerig die ander ingestel op genot.
Die Woord gee verskeie leringe oor die gebruik van geld. Soos;
– Jou inkomste behoort aan die Here en jy is net aan die bestuur daarvan.
– Jy moet aalmoese, klein geskenke gee aan behoeftiges, nie te veel om hul minderwaardig of afhanklik te laat voel nie.
– Help weduwees en wese.
– Luiheid is totaal onaanvaarbaar en moenie vergoed word nie.
– Werk hard.
– Kry raad met jou bestending.
– Beplan jou uitgawes.
– Moenie n liefde vir drank ontwikkel nie.
– Rykdom word nie gemeet in geld nie.
– Moenie geld najaag nie.
– Soek eers die koninkryk van God en SY geregtigheid.
Hierdie is slegs tien van die baie wat daar is. Laat die Heilige Gees toe om jou te leer en te rig in die aanwending van jou inkomste. Daar is geen skande om min te besit nie maar dit is uiters ongerieflik. Dan het mense ook nog die gewoonte om op jou neer te kyk wat seer maak. Gelukkig word ‘n regverdige se indentiteit nie bepaal deur wat hy besit nie maar in sy verhouding met God. Dit bepaal jou stand, soos met Lasarus.
Genade en Vrede vir jou.
David