Goeiedag.
Wat ‘n jaar wat verby is, dol en vol verrasings. Goeie oomblikke en minder goeie tye, maar die Here was altyd by en getrou. SY getrouheid en guns is onmiskenbare mylpale in elkeen van ons lewens. In moeilike tye hoef ons net terug te dink aan SY getrouheid om weer met moed en hoop inspireer te word. Dit is die begin van ‘n onbekende nuwe jaar. Baie onbekende uitdagings wat sy eie spannings gaan bring. Ons het elkeen die voorreg om onder die leiding van die Here te kan leef. ‘n Onmeetbare waardevolle guns. My bede is dat elkeen in die komende jaar soos ‘n helder lig sal skyn waar jy beweeg. Dat elkeen ‘n bron van lewende water sal wees wat benat en lewe bring in ‘n dooie werêld. Vasbeslote en gegrond in die Lewende Woord wat rotsvas staan. In hierdie tye van wanhoop, misleiding, verdrukking en verwarring is die lig wat jy met jou lewe bring, ‘n bron van stabiliteit. Mag die Genade, en Vrede van God jul deel wees en ‘n aangename geur wees.
Voorspoed en seën vir die 2026.
David
Dankie vir jul ore en geduld .