Goeiedag.
Tema: Voor die koning
Wanneer dit by formele etes kom is daar ‘n hele wêreld van goeie maniere om jou korrek te gedra tydens so ‘n geleentheid. Hulle wat uit ‘n militere agtergrond kom, veral uit die offisiers geledere weet van die opleiding in hierdie verband. Die volgende verse verwys na hierdie saak.
SPREUKE 23:1-3, 6-7 AFR53
[1] SIT jy aan om saam met ‘n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is, [2] en sit ‘n mes op jou keel as jy ‘n goeie eetlus het. [3] Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.
[6] Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie. [7] Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.
Dit is verbasend hoe die Woord elke aspek van die lewe in detail aanspreek, selfs hoe om jou te gedra in die teenwoordigheid van koninglikes. Vers een sê moenie rondkyk nie en eet net wat jou voorgesit word. Jy sal kry wat vir jou bedoel is, die regte hoeveelheid, op die regte tyd. Vers twee maak dit duidelik dat jy jou eetlus moet beheer en nie gulsig wees nie. Vers drie maak dit duidelik dat ere gaste, en ander met mediese redes ander kos as jy mag kry. Wees vergenoegd en dankbaar oor wat jy kry en bly stil daaroor. Wanneer jy na so ‘n ete genooi word is dit ‘n eer wat jou te beurt val en nie ‘n restuarant waar jy kan vra om kos saam te neem nie. Elke kind van die Here is ‘n uitverkore mens, daarom moet hulle, hul met waardigheid gedra.
Vers ses spreek van ete uitnodigings van mense wat jou beny oor watter rede ook al. Dit is nie goed om so ‘n uitnodiging te aanvaar nie. Dikwels word mens genooi deur ander met onsuiwer bedoelings, soos ‘n agent wat jou uitneem sodat jy verplig kan voel om by hom te koop. Ek is seker jy het self ‘n paar voorbeelde. Die kern van die saak is dat elke gelowige se gedrag so moet wees dat dit God se naam verheerlik. Veral in ‘n basiese behoefte soos saam eet en drink.
Genade en Vrede vir jou.
David