Goeiedag
Tema:
Beskut
As daar een voorreg is wat gelowiges nie ten volle benut nie, is dit die beskerming wat die Here bied. Tog is dit ‘n belofte wat dwarsdeur die Woord voorkom, waarvan ons weet, maar nie voldoende beoefen nie. Die volgende vers herriner ons aan hierdie liefdes aksie van die Here:
SPREUKE 23:10-11 AFR53
[10] Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie. [11] Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.
Wanneer iemand die middele van bestaan, soos in die geval landbou grond, van verswaktes (wese) betree maak dit van God ‘n vyand. Daardie vyandskap is nie tydelik nie maar ewig. God is ‘n God van geregtigheid, wat geen sonde verdrae of ongestraf laat bly nie. Ook wanneer die goddelose SY kinders benadeel sal HY self wraak neem. Hulself kan maar net vergewe, wag en kyk. Deur vergifnis plaas jy die saak in God se hande. Daarom vra Jesus aan die kruis, en ook Stefanus met sy steniging vir vergifnis van hul moordenaars. Hulle oorwin die kwaad met die goeie. Hoe mooi brei PSALM 91 nie uit op hierdie onderwerp nie:
PSALMS 91:1 AFR53
[1] HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige……
Lees asseblief die hele PSALM om die absolute omvang daarvan te begryp. Daar is egter soos in alle beloftes ‘n voorwaarde in:
PSALMS 91:9 AFR53
[9] Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Jy moet HOM kies, jou toevlug en beskutting maak. PASLM 119 het dieselfde beloftes in wat elkeen sy eie moet maak. Die evangelie van die Nuwe Testament bring ‘n tydvak van persoonlike verantwoordelikheid en aanspreeklikheid in. Waar die OT ‘n verbond van priester middelaars was. Vanaf ‘n groep aanbidding na ‘n persoonlike aanbidding. ‘n Geestelike wapenrusting om in die geeslike oorlog oorwinnaar te wees. In die hitte van die stryd is jy nie alleen nie, SY engele is rondom jou, beskut jou en verstrek jou. As jy in Sy voorskrifte bly sal jy oorwin want jou oorwinning is uit SY oorwinning. Bly in SY beskutting.
Genade en Vrede vir jou.
David