Goeiedag.
Tema: Versoeking
Die vorige gedagte wat ons gedeel het, het gegaan oor swakhede in ‘n mens se lewe waarvan hul nie vrykom nie. Dit is belangrik om te besef dat die grootste struikelblok in jou lewe, wat dit moeilik maak om die Here te dien, jou eie koppige karakter is. Hierdie waarheid kom uit:
JAKOBUS 1:14-15 AFR53
[14] Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. [15] Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Nie alle begeertes is sleg nie. Die Woord is duidelik oor slegte begeertes:
EXODUS 20:17 AFR53
[17] Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Die bose neem jou normale behoeftes en begeertes en verwrong dit na die verkeerde toe. Almal benodig ‘n huis en normale noodsaaklikhede. Die bose maak jou ondankbaar oor jou eie en maak jou jaloers op ander se goed .
Daar is ook voortreffende dinge wat mens kan begeer. Dink aan Salomo wat wysheid begeer het om Israel te beheer. Begeertes ondergeskik aan die Woord se voorskrifte is baie goed. Die volgende verwysing openbaar ‘n groot geheim vir oorwinning:
JAKOBUS 4:6-8 AFR53
[6] Maar Hy gee groter genade; daarom sĂȘ Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. [7] Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. [8] Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges.
Dit is so kragtig dat elke punt wat gemaak word, bepeins en ernstig nagedink moet word. Wanneer daarby gehou word is dit lewens veranderend. Dit bring vryheid van self en ‘n lewe in die Gees van God. Hierdie is ‘n kort gedagte oor ‘n baie kragtige openbaring. Mag die Here vir jou hierdie woord oop breek sodat dit ou eie openbaring word. As jy so lewe sal jy waarlik vry lewe deur die krag van die Here.
Genade en Vrede vir jou.
David