Goeiedag.
Tema: Opbou
SPREUKE 24:3-7 AFR53
[3] Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig; [4] en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed. [5] ‘n Wyse man is sterk, en ‘n man van kennis ontwikkel krag. [6] Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers. [7] Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
Hierdie Skrif gedeelte spreek hard en duidelik. Dit draai geen doekies om nie, maar is skerp soos ‘n tweesnydende swaard. Dit fokus daarop om, met ‘n positiewe manier, grond waarhede te vestig. Eers in vers sewe is die stelling; dat dit te moelik is vir sommige om wysheid te verstaan en na waarde te ag. Vir diesulkes is die boodskap: jou dwaasheid breek jou huis af en jou gebrek aan insig bring verval , ens. So kan elke vers se ‘n negatiewe boodskap uitgebring word.
Dwaasheid is ‘n keuse, wat eie is aan koppige mense. Hulle geloof is vasgelê in woorde van die lied: “My way”. Kom die gedagte van selfstandig en onafhanklikheid se oorsprong nie dalk uit ‘n dieper begeerte van vryheid nie. Kom koppigheid dalk nie uit rebelleer teen gesag wat jou van vryheid beroof het nie. Die Here se gesag is absoluut maar ook absoluut in liefde en goedertierendheid. Daar is geen verordenig wat deur die Here ingestel is wat negatief is vir die mens nie. Sy wette bring vryheid, geregtigheid en voorspoed vir elke mens. Daar is ‘n waarborg van vryheid.
JOHANNES 8:36 AFR53
[36] As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
GALÁSIËRS 5:1 AFR53
[1] STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
Wysheid bring vryheid en voorspoed, dwaasheid bring verdrukking en armoede. Wysheid bou op, dwaasheid breek af. Die boodskap van die NT is vryheid wat slegs in Jesus Christus beskikbaar is. Bevry van die vloek van die wet, bevry van sonde, bevry van die bose, en nog baie meer. Grup wysheid aan.
Genade en Vrede vir jou.
David