Goeiedag.
Tema: Aanstoot gee
Ek gebruik die Gods Word vertaling as aanhaling want dit is makliker verstaanbaar.
Proverbs 24:8-11 GW
[8] Whoever plans to do evil will be known as a schemer. [9] Foolish scheming is sinful, and a mocker is disgusting to everyone. [10] If you faint in a crisis, you are weak. [11] Rescue captives condemned to death, and spare those staggering toward their slaughter.
Elke omgewing het ‘n paar skelms wat ‘n reputasie dra as oneerlike besigheids mense. Die wat ingelig is vermy hul, net soos hul ‘n direkte antwoord vermy op navraag oor die persone. Sulke mense se beeld is gebrandmerk deur hul skelmstreke. Vers sewe is hul karakter. Vers agt laat geen onduidelikheid daaroor dat om skelm streke te bedink reeds sondig is. Ongeag of die planne uitgevoer word. In effek beteken so gedrag dat die bose jou gedagtes oorheers. Netso is ‘n mens wat spot met ander mense, sensitiewe sake, waardes, hartseer, ens: ‘n skande. Vers tien laat ook geen plek vir swakheid in ‘n moeilike situasie nie. Die Woord vereis standvastigheid in alle omstandighede.
Dan kom die verrasende gedagte in vers elf, dat mense met bostaande gedrag op ‘n pad van vernietiging is en gered moet word.
Die Woord spreek homself uit oor hoe om n medegelowige te hanteer:
LEVÍTIKUS 19:17 AFR53
[17] Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
Vir Timotheus die evangelis sê Paulus:
II TIMÓTHEÜS 4:2 AFR53
[2] verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
Dit is die taak van ‘n evangelis om aan ongerede persone die evangelie altyd voor te hou. Daardeur sal jy ongetwyfeld mense aanstoot gee, gewaarborg. Die positiwe sy van die saak is dat jy dalk sukses mag behaal en daardeur ‘n siel uit die hel red. Is dit nie genoeg motivering om aanhou te probeer nie. Nie net word ‘n persoon uit die hel gered nie, maar nog ‘n siel gaan die vreugde ervaar om Christus persoonlik te ken.
Genade en Vrede vir jou.
David