Goeiedag.
Tema: Bedagsaamheid
Sensiwiteit vir ander en bedagsaamheid teenoor ander is ‘n kenmmerk van ‘n goed opgevoede persoon. Trouens dit is kenmerke wat by gelowiges hoort. Sagte liefdevolle harte is die gevolg is van die inwoning van die Heilige gees. Dit is die vervulling van die eerste gebod: God liefhê bo alles en jou naaste soos jouself….. SPREUKE gaan sovêr dat dit selfs jou manier en tyd van groet aanspreek:
SPREUKE 27:14-17 AFR53
[14] Wie vroeg in die môre sy naaste met ‘n harde stem ‘n seën toeroep, dit sal hom as ‘n vloek aangereken word.
FILIPPENSE 2:4 AFR53
[4] Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
SAGARÍA 7:10 AFR53
[10] En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.
II TIMÓTHEÜS 2:24 AFR53
[24] en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
LEVÍTIKUS 19:10 AFR53
[10] Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die Here julle God.
Al hierdie gedeeltes spreek van bedagsaamheid en omgee vir ander. So ‘n lewe versprei ‘n lieflike geur van genade. Dit is strome van lewende water wat uit jou binneste vloei. Is jy dalk bang dat dit tot misbruik van jou goedheid lei as jy so lewe? As jy is, is dit met reg want mense sal jou teiken omdat sagmoedig is. Sagmoedigheid moet gepaard gaan met wysheid en onderskeidings vermoë. Elke besluit van welsyn, want dit is wat dit is, moet nugter op meriete beoordeel word en nie op empatie en emosie nie. As jy nie sterk staan in jou besluitneming nie kan jy ‘n slagoffer word van jou eie goedheid. Daar is ‘n Bybelse beginsel wat nie ignoreer moet word nie:
II THESSALONICENSE 3:10 AFR53
[10] Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
As die Apostels dan hierdie beginsel gepredik het, wie is ons dan om dit te verander?
Genade en Vrede vir jou.
David