Goeiedag.
Tema: Lewe
Een van die grootste paradokse, teenoorgesteldes, is die waarde wat aan die menslike lewe geheg word. Mense raak ontsteld as diere afgeknou word, maar is ongevoelig as mense sterf in oorloë. Ons het selfs oorlogs helde wat se roem bepaal word deur die hoeveelheid mense wat gedood is.
I SAMUEL 18:7
[7] En die vroue wat vrolik was, het gesing en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!
Selfs vandag nog, waar ons roem ons is ‘n ontwikkelde beskawing, word ‘n geweldenaar nog bo ‘n man van vrede gereken. Seuns idealiseer sterk manne wat wenners is, en sommige vroue ook. Dit is ‘n man se rol in die lewe om sy gesin en land te beskerm teen die wat hul bestaan bedreig. Daar is ;n duur prys wat hul betaal in die uitvoer daarvan wat min mense aan dink.
SPREUKE 28:17 AFR53
[17] ‘n Mens wat gedruk word deur die bloed van ‘n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.
Mense wat in aktiewe gevegte betrokke was is nooit weer dieselfde na so insident nie. Die trauma laat diep siels en emosionele skade wat jare vat om te genees met hulp, en soms nooit nie. Daar is nie ‘n plek op aarde waar daar nie sulke slagoffers van geweld is nie. Die spektrum strek dek oorlogs, gesins, bende, geslags, misdaad en vele ander.
Op gelowiges rus ‘n groot verantwoordelikheid om geweld aktief teë te staan. Beginende om jou kinders die onskatbare waarde van ‘n lewe te leer. Om hul die belangrikheid van ‘n gesin te leer en te laat beleef. Om hul selfbeheersing te leer, ens. Dan gee die Woord ook nog ‘n direkte opdrag:
I TIMÓTHEÜS 2:1-2 AFR53
[1] IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; [2] vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
Kan jy aan nog aksies in hierdie uiters belangrike saak?
Geweld is ‘n kenmerk van die duiwel en sy werk.
JOHANNES 8:44 AFR53
[44] Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie,….
Hie aktief is jy in die skep van vrede?
Genade en Vrede vir jou